FotoDigi

Dagsê
... en welkom by FotoDigi.co.za hier waar alles oor en van my bymekaarkom.

Ek het myself soms as 'n fotograaf gesien. Die koms van digitale kameras het die wêreld grootliks verander - daar word nou miljoene meer 'fotos' geneem, (en ons praat nie meer oor die kwaliteit daarvan nie) wat die behoefte aan 'n werklike fotograaf drasties verander het.

Daar was 'n tyd wat ek mense, selfs groepe, na mooi plekke geneem het. Deesdae doen ek dit minder, en hoofsaaklik sonder die vreemdes en groepe.

Ek kommunikeer graag met ander, moet nie huiwer om my te kontak nie. Al is dit sommer net...

Ek verwyl my tyd hoofsaaklik met die volgende:

thewebman

Kom ons wees maar eerlik. Die wêreld het verander. Elke besigheid word vandag be-oordeel aan sy gesig op die Internet. Al die ander faktore wat eens belangrik was, soos kwaliteit, diens, of wat ookal, die kom nou tweede, of bestaan nie meer nie.

By www.thewebman.co.za dra ek my beskeie deel by om die wêreld so te verander. Ek doen dit steeds op die ou manier. Skep kwaliteit, en maak dit met die hand.

villa10.co.za

Hier maak ons ons tuiste oop vir vreemdelinge om ons drumpel deur te trap.

Geen ander plek, of metode, in die ganse heelal kan jou soveel van mense, hulle dinge, gewoontes, en gebruike (of die gebrek daaraan!) leer nie.

Kom kuier gerus. www.villa10.co.za

faure.co.za

Hierdie doen ek sommer vir die pret. www.faure.co.za is waar jy die Suid-Afrikaanse Faure familie sal ontmoet. En sommer ook so bietjie meer van waar 'n Faure betrokke mag gewees het in ons geskiedenis.

Daar is ook enkele opmerkings oor plekke, dinge, asook die doen en late van Faures in ander dele van die wêreld.

Vir my was hierdie 'n baie verrykende ervaring. Groot genot. 'n Voorreg om die res van die familie (sommige in persoon) te leer ken.

Terloops, daar in die agtergrond is die Andes gebergte, iewers tussen Argentinië en Chile.

thewebman.co.za